Seker tyd dat ek weer aandag aan my blog skenk... My nuutste tydverdryf? Digital scrapbooking! So here goes..
Showing posts with label Gesondheid. Show all posts
Showing posts with label Gesondheid. Show all posts

Thursday, March 8, 2007

Borskanker... Wees ingelig... Wees voorbereid...




Borskanker...
Verseker nie iets waaroor ons graag wil praat of dink nie. Maar dis nodig, want hoe vroeër dit opgespoor word, hoe beter.




Hier is 'n paar stukkies inligting en "tips" - en ja, ons jonger garde moet ook daaraan aandag gee!





Vroeë tekens:
  • 'n Knop, gewoonlik een, ferm en meestal pynlose knop.
  • Deel van die vel op die bors of onder die arm swel en lyk onnatuurlik.
  • Aartjies op die vel se oppervlak word meer sigbaar op een bors.
  • Die tepel ("nipple") duik in, ontwikkel 'n uitslag, verander van tekstuur of het 'n afskeiding (wat nie borsmelk is nie).
  • 'n Insinking op 'n area van die bors-oppervlak.
  • Borste kan 'n sekere graad van knopperigheid ontwikkel, maar net 'n klein persentasie daarvan is kwaadaardig.
  • 'n Familiegeskiedenis van borskanker kan 'n verhoogde risiko inhou, maar baie vrouens wat met borskanker gediagnoseer word, het geen familiegeskiedenis daarvan nie.
Feite:
  • 1 vrou uit elke 8 wat tot 85-jarige ouderdom leef, ontwikkel borskanker in haar leeftyd.
  • Borskanker is die hoofoorsaak van sterftes onder vroue tussen die ouderdomme van 40 en 55.
  • 70% van alle borskankers word gevind deur self-ondersoek. Nie alle knoppe kan gevoel word nie, daarom word gereelde mammogramme aanbeveel.
  • 'n Mammogram is 'n lae-dosis X-straal ondersoek wat borskanker kan opspoor tot 2 jaar voordat dit gevoel kan word.
  • 8 uit 10 borsknoppe is nie kankeragtig nie.
  • Wanneer borskanker vroeg gevind word, is die oorlewingskans 96%, wat baie goeie nuus is!


Risiko faktore:
  • Vroeë aanvang van menstruasie (voor 12 jaar) of laat menopause (na 50 jaar).
  • Dieet hoog in versadigde vette.
  • Familiegeskiedenis van borskanker.

  • Laat- of geen swangerskappe.

  • Gematigde alkohol-inname - meer as 2 alkoholiese drankies per dag.

  • Estrogeenver-vangingsterapie.

  • Matig oorgewig.





'n Opsporingsplan:

  • Vrouens van 20 tot 39 jaar behoort elke 3 jaar vir 'n kliniese ondersoek te gaan, sowel as elke maand self-ondersoek te doen.

  • Wanneer jy 40 tref, gaan vir 'n basiese mammogram.

  • Probeer om 'n lae-vet dieet te volg, te oefen en nie te rook & drink nie...

Self-ondersoek:



1 IN DIE STORT: Vingers plat, beweeg saggies oor elke deel van elke bors. Gebruik regterhand vir linkerbors, en linkerhand vir regterbors.
Kyk vir enige hobbel, harde knop of verdikking. Kyk noukeurig vir enige verandering in jou borste.


2 VOOR 'N SPIEëL: Ondersoek jou borste met jou arms langs jou sye. Lig dan jou arms bo jou kop. Kyk vir enige verandering in die vorm van jou borste, enige swelling, dimpel of verandering in die tepel. Rus dan jou handpalms op jou heupe en druk ferm om jou borsspiere te flex. Linker- en regterbors sal nie presies dieselfde lyk nie - hulle doen selde...







3 WANNEER JY Lê: Sit 'n kussing onder jou regterskouer, regterarm onder jou kop. Druk regterbors liggies met linkerhand se vingers, beweeg in klein sirkelbewegings, beweeg vertikaal of in 'n sirkel oor die hele bors. Gebruik ook ligte, medium en harde druk. Druk die tepel - kyk vir afskeiding of knoppe. Herhaal met linkerbors.


Vir meer inligting: www.nationalbreastcancer.org
Om elke dag 'n mammogram te skenk (sonder om self 'n sent uit te haal!!!), click elke dag op hierdie website: www.thebreastcancersite.com