
Hartswater..(Robbie Wessels)
Met pleister en verbande plak en fix ons al ons wonde.
Met antibiotika maak ons alles reg.
Ons gooi dettol in die water
en ontsmet dan al die wonde.
Vitamien B-kompleks sort ons uit oornag,
Maar hoe plak mens 'n pleister in die diepste koudste duister?
Maar hoe plak mens 'n pleister in die diepste koudste duister?
Hoe plak mens 'n pleister op 'n hart?
Is daar spesiale kruie
vir die siel se diepste snye?
Iets behalwe rooiwyn vir die pyn?
Want ek dink dit was so kwart voor elf
toe ek weer in my hart gaan delf en sien jy is nie meer daar nie,
jy's vervang.
Ek is terug by die beginstreep -
op 'n plaasmeisie verlief.
Liewe Jesus ek vra mooi - help my asseblief.
Daar is nog trane in my hande,
nog skade in my lande.
Ek is verlief, ek weet ek is verlief.
Hartswater was vir niemand so soet nie,
soos vir my, op die teerpad om vir jou te kom groet nie.
Hartswater was vir niemand so soet nie,
soos vir my op die teerpad om vir jou te kom groet nie.
Tussen hoenders en brahmaanbeeste
en stroopsoet waatlemoene
droom ek saans van jou as die wind waai, en dit reën
dan verdrink ek in jou skrefiesoë,
jou sagste sagste soene.
Dan wonder ek waarnatoe is jy heen,
dan droom ek hoe ek luister as jy vir my fluister.
Kom ek plak 'n pleister op jou hart.
Ek is die spesiale kruie vir jou siel se diepste snye,
die rooiwyn kopseer vir jou pyn,
maar dis lankal verby kwart voor elf
toe ek weer in my hart gaan delf -
geluk lê nie by jou nie, maar by my.
Liewe Jesus ek vra mooi -help my aseblief.
Daar is nog trane in my hande,
nog skade in my lande.
Ek is verliefek weet, ek is verlief...








