Jip, dit was alweer sulke tyd... Op 12 Mei het Liska (was Pohl gewees) en Jacques die knoop in Oos-Londen deurgehaak.
Seker tyd dat ek weer aandag aan my blog skenk... My nuutste tydverdryf? Digital scrapbooking! So here goes..
Showing posts with label gebeurtenis. Show all posts
Showing posts with label gebeurtenis. Show all posts
Sunday, May 20, 2007
Thursday, January 25, 2007
Wednesday, January 17, 2007
Kuier uit die buiteland...
Dankie vir 'n heerlike kuiertjie julle 2!
Oja, en dankie vir die pragtige armbandjie van paua skulp... Hierdie skulp is uniek aan Nieu-Seeland (gaan loer gerus by www.reijewellery.co.nz/what_is_paua vir meer inligting...) .
Labels:
Foto,
gebeurtenis
Tuesday, January 16, 2007
Trompie en die Boksombende..
Groot opgewondenheid heers in Heidelberg, en veral in Van Dykshuis...Wie van ons onthou nie vir Trompie nie? Al was die TV-reeks dalk so ietwat voor ons tyd, het ons seersekerlik die boeke gelees... Wel, dié van ons wat 'n sweempie kultuur in ons het, né!? Of die heel laaste opsie, jy het darem seker al vir Pieter Smith hoor sing??
In elk geval, KykNet se Ontbytsake is hierdie week in Heidelberg (hulle verfilm dit nou, saai uit vanaf 3 Februarie 2007) en het besluit om 'n reünie vir die Boksombende in Heidelberg te hou. Hoekom juis hier? Want dis hier waar die reeks geskiet is doerie jare... Wie sou kon dink!!?
En so bly die ganse Boksombende, Grootkaptein Trompie inkluis, dan nou hier by ons oor. Net goeie ou Boesman wat nog kort!
(v.l.n.r is Dawie, Rooies, Trompie en Blikkies)
Labels:
Foto,
gebeurtenis
Subscribe to:
Posts (Atom)









