Seker tyd dat ek weer aandag aan my blog skenk... My nuutste tydverdryf? Digital scrapbooking! So here goes..
Showing posts with label Feit. Show all posts
Showing posts with label Feit. Show all posts

Tuesday, June 19, 2007

Astronomiese feite...

Hoe groot is Jupiter?

Al die planete in ons sonnestelsel kan binne-in die planeet Jupiter pas. Sy deursnit is 11 keer dié van die aarde en 20% meer as Saturnus s'n. Vir ander interessante feite en dinge oor Jupiter, gaan loer by http://pds.jpl.nasa.gov/planets/special/jupiter.htm.

Hoe groot is die son?

Redelik tot sterk massief. Dit bevat glo 99.8% van die sonnestelsel se totale massa. Dit sal meer as 1 000 000 (dis een miljoen) aardes vat om die volume op te maak.




Nou laat my aardrykskunde (of watter vak dit ook mag wees..) my in die steek - is die son dan nie 'n planeet nie? Of val hy in 'n klas van sy eie? Wonder maar net....

Sunday, May 13, 2007

'n Woord om te ken... "SOMMELIER"

In die woorde van Wikipedia:



A sommelier (pronounced suh-mal-'yAy), or wine steward, is a trained and knowledgeable wine professional, commonly working in
fine restaurants, who specializes in all facets of wine service. The role is more specialised and informed than that of a wine waiter.
Working along with the culinary team, they pair and suggest wines that will best complement each particular food menu item. It could be argued that the role of a sommelier in fine dining today is strategically on par with that of the executive chef or chef de cuisine. A professional sommelier also works on the floor of the restaurant and is in direct contact with restaurant patrons. The sommelier has a responsibility to work within the taste preference and budget parameters of the patron.


O, en daai irriterende kurktrekker-ding, is eintlik 'n sommelier knife...




Nou's ons almal 'n bietjie slimmer...!!

Thursday, March 8, 2007

Borskanker... Wees ingelig... Wees voorbereid...




Borskanker...
Verseker nie iets waaroor ons graag wil praat of dink nie. Maar dis nodig, want hoe vroeër dit opgespoor word, hoe beter.




Hier is 'n paar stukkies inligting en "tips" - en ja, ons jonger garde moet ook daaraan aandag gee!





Vroeë tekens:
  • 'n Knop, gewoonlik een, ferm en meestal pynlose knop.
  • Deel van die vel op die bors of onder die arm swel en lyk onnatuurlik.
  • Aartjies op die vel se oppervlak word meer sigbaar op een bors.
  • Die tepel ("nipple") duik in, ontwikkel 'n uitslag, verander van tekstuur of het 'n afskeiding (wat nie borsmelk is nie).
  • 'n Insinking op 'n area van die bors-oppervlak.
  • Borste kan 'n sekere graad van knopperigheid ontwikkel, maar net 'n klein persentasie daarvan is kwaadaardig.
  • 'n Familiegeskiedenis van borskanker kan 'n verhoogde risiko inhou, maar baie vrouens wat met borskanker gediagnoseer word, het geen familiegeskiedenis daarvan nie.
Feite:
  • 1 vrou uit elke 8 wat tot 85-jarige ouderdom leef, ontwikkel borskanker in haar leeftyd.
  • Borskanker is die hoofoorsaak van sterftes onder vroue tussen die ouderdomme van 40 en 55.
  • 70% van alle borskankers word gevind deur self-ondersoek. Nie alle knoppe kan gevoel word nie, daarom word gereelde mammogramme aanbeveel.
  • 'n Mammogram is 'n lae-dosis X-straal ondersoek wat borskanker kan opspoor tot 2 jaar voordat dit gevoel kan word.
  • 8 uit 10 borsknoppe is nie kankeragtig nie.
  • Wanneer borskanker vroeg gevind word, is die oorlewingskans 96%, wat baie goeie nuus is!


Risiko faktore:
  • Vroeë aanvang van menstruasie (voor 12 jaar) of laat menopause (na 50 jaar).
  • Dieet hoog in versadigde vette.
  • Familiegeskiedenis van borskanker.

  • Laat- of geen swangerskappe.

  • Gematigde alkohol-inname - meer as 2 alkoholiese drankies per dag.

  • Estrogeenver-vangingsterapie.

  • Matig oorgewig.





'n Opsporingsplan:

  • Vrouens van 20 tot 39 jaar behoort elke 3 jaar vir 'n kliniese ondersoek te gaan, sowel as elke maand self-ondersoek te doen.

  • Wanneer jy 40 tref, gaan vir 'n basiese mammogram.

  • Probeer om 'n lae-vet dieet te volg, te oefen en nie te rook & drink nie...

Self-ondersoek:



1 IN DIE STORT: Vingers plat, beweeg saggies oor elke deel van elke bors. Gebruik regterhand vir linkerbors, en linkerhand vir regterbors.
Kyk vir enige hobbel, harde knop of verdikking. Kyk noukeurig vir enige verandering in jou borste.


2 VOOR 'N SPIEëL: Ondersoek jou borste met jou arms langs jou sye. Lig dan jou arms bo jou kop. Kyk vir enige verandering in die vorm van jou borste, enige swelling, dimpel of verandering in die tepel. Rus dan jou handpalms op jou heupe en druk ferm om jou borsspiere te flex. Linker- en regterbors sal nie presies dieselfde lyk nie - hulle doen selde...







3 WANNEER JY Lê: Sit 'n kussing onder jou regterskouer, regterarm onder jou kop. Druk regterbors liggies met linkerhand se vingers, beweeg in klein sirkelbewegings, beweeg vertikaal of in 'n sirkel oor die hele bors. Gebruik ook ligte, medium en harde druk. Druk die tepel - kyk vir afskeiding of knoppe. Herhaal met linkerbors.


Vir meer inligting: www.nationalbreastcancer.org
Om elke dag 'n mammogram te skenk (sonder om self 'n sent uit te haal!!!), click elke dag op hierdie website: www.thebreastcancersite.com

Friday, March 2, 2007

What is in a name..?

"What's in a name? That which we call a rose

By any other word would smell as sweet."


- William Shakespeare - From Romeo and Juliet (II, ii, 1-2)-



Ja, 'n naam is inderdaad 'n interessante ding... En ons almal is eintlik maar baie lief vir ons name, dit gee mos 'n sin van ek-maak-saak wanneer iemand jou naam ken en jou op jou naam noem...



Hier is 'n paar interessante betekenisse van party van my pêlle se name (hier genoem onder korreksie - julle weet mos die internet is ook maar partykeer nie heeltemal betroubaar nie...). Geniet!



Adéle (Frans) - Noble

Charlene (Frans) - Klein / vroulik

Christelle (Grieks) - Gesalfde

Deidré (Amerikaanse Engels) - Jong vrou

Eleanor (Frans) - Lig / genade

Elias (Hebreeus) - My God is the Lord

Leandra (Grieks) - Leeuvrou

Monique (Grieks) - Alleen, wys

Odette (Duits) - Rykdom

Suzanne (Hebreeus) - Lelie

Tuesday, February 27, 2007

Groete en goete...

Goeiemôre / goeiemiddag / goeienaand / goeienag...


Duits:

Guten Morgen,
Guten Tag, Guten Abend, Gute Nacht



Frans:
Bonjour, Bon après-midi, Bonsoir, Bonne nuit


Italiaans:

Buon giorno, Buon pomeriggio,
Buona sera, Buona notte

Spaans:
Buenos días, Buenas tardes, Buenas noches, Buenas noches

Tuesday, February 20, 2007

Nog veeltalige ordentelikheid...

"Verskoon my" en "Asseblief" (omdat ons mos ordentelik is!)

Duits: Entschuldigen Sie, Bitte

Frans: Pardon / Excusez-Moi, Prie

Spaans: Discúlpeme, Por favor

Italiaans: Mi scusi / Scusa, Per favore

Monday, February 19, 2007

Tyd om ons tale-kennis te verbreed...

"Dankie" en "Baie dankie" (baie nodig vir ons wêreld reisigers...):




Duits: Danke, Vielen dank





Frans: Merci, Merci beaucoup





Spaans: Gracias, Muchas gracias



Italiaans: Grazie, Grazie Mille

Monday, February 5, 2007

'n Paar nuttelose feite...



Why do prairie dogs kiss?

Expressing recognition rather than love, Utah prairie dogs exchange "kisses." By the touching of incisor teeth, they quickly confirm the identity of group members.

How much does mom walk?

The average house wife walks 10 miles a day around the house doing her chores. In addition, she walks nearly 4 miles and spends 25 hours a year making beds.



Monday, January 15, 2007

San Fran

San Francisco, die stad waarop ek in 2005 my hart TOETENTAAL verloor het...

Kyk Ma, dis die Golden Gate Bridge!!! En ja, dis my vriendelike glimlaggie daai....



So terloops, in San Fran is dit onwettig om jou kar met gebruikte onderklere af te vee.... Ja, ons wou dit geweet het..!!

Saturday, January 13, 2007

Pornografie...


The first couple to be shown in bed together on prime time television were Fred and Wilma Flintstone.