
Wednesday, March 21, 2007
Sunday, March 18, 2007
Nog 'n groot, interessante, useless woord of wat...

Net so betyds vir die begin van die verkoue- en griep seisoen...

Gallinaceous - relating to, or resembling, chickens or pheasants
Saturday, March 17, 2007
Bebo...
Thursday, March 8, 2007
Borskanker... Wees ingelig... Wees voorbereid...

- 'n Knop, gewoonlik een, ferm en meestal pynlose knop.
- Deel van die vel op die bors of onder die arm swel en lyk onnatuurlik.
- Aartjies op die vel se oppervlak word meer sigbaar op een bors.
- Die tepel ("nipple") duik in, ontwikkel 'n uitslag, verander van tekstuur of het 'n afskeiding (wat nie borsmelk is nie).
- 'n Insinking op 'n area van die bors-oppervlak.
- Borste kan 'n sekere graad van knopperigheid ontwikkel, maar net 'n klein persentasie daarvan is kwaadaardig.
- 'n Familiegeskiedenis van borskanker kan 'n verhoogde risiko inhou, maar baie vrouens wat met borskanker gediagnoseer word, het geen familiegeskiedenis daarvan nie.
- 1 vrou uit elke 8 wat tot 85-jarige ouderdom leef, ontwikkel borskanker in haar leeftyd.
- Borskanker is die hoofoorsaak van sterftes onder vroue tussen die ouderdomme van 40 en 55.
- 70% van alle borskankers word gevind deur self-ondersoek. Nie alle knoppe kan gevoel word nie, daarom word gereelde mammogramme aanbeveel.
- 'n Mammogram is 'n lae-dosis X-straal ondersoek wat borskanker kan opspoor tot 2 jaar voordat dit gevoel kan word.
- 8 uit 10 borsknoppe is nie kankeragtig nie.
- Wanneer borskanker vroeg gevind word, is die oorlewingskans 96%, wat baie goeie nuus is!
Vroeë aanvang van menstruasie (voor 12 jaar) of laat menopause (na 50 jaar).- Dieet hoog in versadigde vette.
- Familiegeskiedenis van borskanker.
- Laat- of geen swangerskappe.
- Gematigde alkohol-inname - meer as 2 alkoholiese drankies per dag.
- Estrogeenver-vangingsterapie.
- Matig oorgewig.
- Vrouens van 20 tot 39 jaar behoort elke 3 jaar vir 'n kliniese ondersoek te gaan, sowel as elke maand self-ondersoek te doen.
- Wanneer jy 40 tref, gaan vir 'n basiese mammogram.
- Probeer om 'n lae-vet dieet te volg, te oefen en nie te rook & drink nie...
Self-ondersoek:

1 IN DIE STORT: Vingers plat, beweeg saggies oor elke deel van elke bors. Gebruik regterhand vir linkerbors, en linkerhand vir regterbors.
Kyk vir enige hobbel, harde knop of verdikking. Kyk noukeurig vir enige verandering in jou borste.
2 VOOR 'N SPIEëL: Ondersoek jou borste met jou arms langs jou sye. Lig dan jou arms bo jou
kop. Kyk vir enige verandering in die vorm van jou borste, enige swelling, dimpel of verandering in die tepel. Rus dan jou handpalms op jou heupe en druk ferm om jou borsspiere te flex. Linker- en regterbors sal nie presies dieselfde lyk nie - hulle doen selde...
3 WANNEER JY Lê: Sit 'n kussing onder jou regterskouer, regterarm onder jou kop. Druk regterbors liggies met linkerhand se vingers, beweeg in klein sirkelbewegings, beweeg vertikaal of in 'n sirkel oor die hele bors. Gebruik ook ligte, medium en
harde druk. Druk die tepel - kyk vir afskeiding of knoppe. Herhaal met linkerbors.
Vir meer inligting: www.nationalbreastcancer.org
Om elke dag 'n mammogram te skenk (sonder om self 'n sent uit te haal!!!), click elke dag op hierdie website: www.thebreastcancersite.comMonday, March 5, 2007
Ps 104
Lees weer Ps 104 en let op na die psalmdigter se waarnemings... Kry mens nie die prentjie van 'n volmaakte, dankbare skepping nie? Dit laat mens nogal rustig word... en dink...
Hier is Ps 104 in die 1983 vertaling:
1 Ek wil die Here loof! Here my God, U is baie groot, U is beklee met koninklike luister,
2 U is met 'n kleed van lig omhul. Dit is U wat die hemelkoepel soos 'n tentdoek gespan
3 en vir U 'n woonplek ingerig het oor die waters daarbo, U wat op die wolke ry, op die vleuels van die wind,
4 U wat die winde u boodskappers maak, die weerligte u dienaars,
5 U wat die aarde stewig gevestig het, sodat dit nooit sal wankel nie.
6 Die groot waters het die aarde soos 'n kleed oordek, die waters het bo-oor die berge gestaan.
7 Maar toe U die waters aanspreek, het hulle gevlug, voor die krag van u stem het hulle die wyk geneem.
8 Hulle het oor die berge gespoel en in die laagtes weggevloei na die plek toe wat U vir hulle bestem het.
9 U het 'n grens gestel waaroor hulle nie mag gaan nie: hulle mag die aarde nie weer oordek nie.
11 Daar kom al die wilde diere drink en die wildedonkies hulle dors les.
12 Die voëls maak hulle neste langs die water en kwetter tussen die takke.
13 Uit die hemel laat U dit op die berge reën, die aarde word versadig deur die reën wat U gee.
15 wyn om mense se harte bly te maak, olie om die gesig te versorg, kos om die mens nuwe krag te gee.
16 Die bome van die Here kry volop reën, die seders op die Libanon, dié wat Hy geplant het,
17 waar die voëls hulle neste maak, en die reier sy huis in die boomtoppe bou.
20 As U die donker bring en dit nag word, roer al die diere in die bos.
22 As die son opkom, sluip hulle weg en gaan lê in hulle skuilplekke.
23 Dan gaan die mens na sy werk toe, en hy werk tot die aand.
24 U het baie dinge geskep, Here, die aarde is vol van wat U gemaak het, en tog, U het alles in wysheid geskep.
25 Daar is die see, groot en wyd, wat wemel van diere, klein en groot.
26 Daar vaar die skepe, en daar is die Leviatan. U het hom gemaak om mee te speel.
27 Hulle is almal van U afhanklik, U gee hulle kos op hulle tyd.
28 U gee, en hulle eet, U maak u hand oop, en hulle kry meer as genoeg.
29 Maar as U U terugtrek, is dit klaar met hulle, as U hulle asem wegneem, is hulle dood en word hulle weer stof.
30 U gee die lewensasem en daar is lewe; ook uit die grond laat U nuwe lewe spruit.
31 Mag daar aan die roem van die Here geen einde wees nie! Mag die werk van die Here Hom vreugde verskaf,
32 Hy wat na die aarde kyk, en dit bewe, wat die berge aanraak, en hulle brand.
33 Ek wil tot eer van die Here sing so lank ek lewe, ek wil die lof van my God besing so lank ek daar is.
34 Mag hierdie bepeinsinge van my vir Hom aanneemlik wees! Ek wil my in die Here verbly.
35 Mag die sondaars van die aarde af verdwyn, mag die goddeloses ophou om te bestaan! Ek wil die Here loof. Prys die Here!
Dan kan ons ook opreg saam met Nina Smit bid:
"Here, ek wil U loof as die Skepper-God.
Hoe goed en mooi is alles wat U gemaak het,
hoe ongelooflik en vol verskeidenheid u handewerk -
om fyn te luister en om nooit aan die skoonheid van die natuur gewoond te raak nie,
maar dit elke dag opnuut te ontdek.
Sunday, March 4, 2007
Mens kan net jou kop skud vir sulke uitlatings..!

"Look! All those flags are flying in the same direction!"
"Ooh, I've always wanted to start my dinner with starters."
"I sometimes breathe in air too much."

"Some days are more ticklish than others."
"Argh, I fell off both feet!"
"I'm glad I'm not a photocopier, that would be a boring life - beeping occasionally and spitting paper out at people!"
Mens moet net smile, né...! Laat weet my van enige sulke quotes in jou alledaagse lewe?
Friday, March 2, 2007
What is in a name..?
By any other word would smell as sweet."
- William Shakespeare - From Romeo and Juliet (II, ii, 1-2)-
Ja, 'n naam is inderdaad 'n interessante ding... En ons almal is eintlik maar baie lief vir ons name, dit gee mos 'n sin van ek-maak-saak wanneer iemand jou naam ken en jou op jou naam noem...
Hier is 'n paar interessante betekenisse van party van my pêlle se name (hier genoem onder korreksie - julle weet mos die internet is ook maar partykeer nie heeltemal betroubaar nie...). Geniet!
Adéle (Frans) - Noble
Charlene (Frans) - Klein / vroulik

Christelle (Grieks) - Gesalfde
Deidré (Amerikaanse Engels) - Jong vrou
Eleanor (Frans) - Lig / genade
Elias (Hebreeus) - My God is the Lord
Leandra (Grieks) - Leeuvrou
Monique (Grieks) - Alleen, wys
Odette (Duits) - Rykdom
Suzanne (Hebreeus) - Lelie
Thursday, March 1, 2007
Kom ons vergeet vir eers van breins....

"Build a man a fire, and he'll be warm for a day. Set a man on fire, and he'll be warm for the rest of his life." ~Terry Pratchett~
"My wife has a slight impediment in her speech. Every now and then she stops to breathe." ~Jimmy Durante~

"If you can't answer a man's argument, all is not lost; you can still call him vile names." ~Elbert Hubbard~













