Ek het 'n Bybelstudie boekie (Die Psalms sing van Christus), wat elke Psalm in 'n dagstukkie bespreek. In die stukkie oor Ps 17, is die fokus op vers 8.
Die skrywer wonder waarom Dawid nie liewer sê "Beskerm my soos u hart" nie - die hart het 'n sterk borsbeen en ribbekas as
beskerming. Of "Beskerm my soos u brein" nie - die brein het 'n stewige skedel om dit te beskerm.
beskerming. Of "Beskerm my soos u brein" nie - die brein het 'n stewige skedel om dit te beskerm.Nou sê Dawid juis " Beskerm my soos die appel van u oog". Een van die
sensitiefste en kwesbaarste organe in die liggaam.Maar as mens mooi daaroor dink, is daar verskeie beskermingsmeganismes wat die oog beskerm midde in 'n gevaarlike omgewing. Daar is die reëlmatige knip om dit weer te bevogtig, trane om skoon te was, pupille wat kleiner word om skerp lig uit te hou en die sterk oogkaste.

Dan kan mens verstaan waarom Dawid juis vra om soos 'n oogappel beskerm te word - ons as Christene word nie uitgesluit van die wêreld nie. Ons staan tussen al die versoekings en dwalinge en heidene. Juis binne in hierdie omgewing het ons God se krag en beskerming nodig.
Soos 'n oogknip, kan ons ons ook tydelik afsluit van al die aanslae, en stil word saam met God. Soos trane die oog skoonwas, het Jesus
se bloed aan die kruis ons skoongewas van ons sondes. Soos 'n pupil klein word in skerp lig, moet God se heerlikheid soos 'n skerp lig skyn in ons lewens terwyl ons klein word in nederigheid voor Hom. En soos die oogkas die oog beskerm, is God ook rondom ons om ons te beskerm.Watter heerlike troos en bemoediging!!










No comments:
Post a Comment