Vandag het die dominee 'n interessante ding gesê...
Die teksvers was uit die gelykenis van die muntstukke. Mattheus 25:15 - "Vir een het hy vyf goue muntstukke gegee, vir 'n ander twee, en vir 'n derde een. Hy het aan elkeen volgens sy bekwaamheid gegee..."
Dit voel altyd vir ons asof die slawe wat 5 en 2 muntstukke elk gekry het, so baie gekry het in vergelyking met die arme slaaf wat net 1 muntstuk gekry het.
Maar mens kan nou die situasie uit 'n ander oog bekyk. 'n Goue muntstuk (talent) was in daardie dae ongelooflik baie geld (ongeveer 7 000 dinarii). Dit sou 'n gewone dagloner omtrent 20 jaar neem om die ekwivalent van 'n talent bymekaar te maak. In vandag se terme, as jy R50 per dag verdien, sou 'n talent omtrent R240 000 wees - glad nie 'n klein sommetjie nie!!M.a.w., selfs al voel ons somtyds soos die slaaf wat net 1 ou muntstukkie gekry het, moet ons onthou dat dit opsigself reeds 'n groot seën en verantwoordelikheid is!!
Ons kan dankbaar wees vir so baie dinge - kos, klere, huise, werk, verstand, gesondheid, asem, familie, vriende, die vermoë om te kan hoor, sien, voel, praat, ens. Die lys is amper eindeloos.
Al hierdie dinge het ons ontvang om mee te woeker en te werk tot eer van die Here!









No comments:
Post a Comment